Ek het verlede jaar 'n bespreking gedoen by een van die selfsorg gastehuise, maar dit was op die einde totaal en al 'n gemors. Daar is aan my 'n kwotasie verskaf wat geldig was tot 'n sekere dag en tyd. Ek het die oggend vir hulle laat weet dat ek dit aanvaar, maar dat hulle net my besprekingsdatums moet regmaak, dit was foutief op die kwotasie, nie soos ek dit deurgegee het nie. Is net daarna laat weet dat hulle ongelukkig nie meer plek het nie. My bespreking was vir vanaf 30/12, maar hulle het geboek vanaf 28/12, kon nie al daardie tyd inboek nie. Baie onprofessioneel om klient te laat weet dat daar akkommodasie beskikbaar is volgens datums soos gevra en toe ek kwotasie aanvaar, geen akkommodasie beskikbaar nie. Moes toe my hele vakansie kanselleer
Groete
Estelle (rsa)
February 2010